Stormers wil Leeus in skrums laat les opsê

akkreditasie
Kan Scarra Ntubeni Saterdag teen die Leeus wéér só ’n lang skof insit as in die afgelope naweek se kragmeting met die Bulle op Nuweland?Foto: Gallo Images
Kan Scarra Ntubeni Saterdag teen die Leeus wéér só ’n lang skof insit as in die afgelope naweek se kragmeting met die Bulle op Nuweland?Foto: Gallo Images

Die Stormers het kennis geneem van die Leeus se flou skrumwerk en beplan om hulle in daardie faset aan te val in Saterdag se Superrugby-wedstryd op Ellispark, sê Scarra Ntubeni.

“Ons het gisteraand en vanoggend ons huiswerk oor die Leeus gedoen. Dit (die skrums) is beslis ’n afdeling van hul spel waarvan ons ’n teiken wil maak, maar ons wil nie dinge vooruitloop nie, want ons het ook baie goeie dinge in hul spel raakgesien,” het Ntubeni, wat die Stormers se haker in die beginspan sal wees, Maandag by die Westelike Provinsie se Sentrum vir Uitnemendheid in Bellville gesê.

“Dis ook ’n Suid-Afrikaanse derby waarvoor hulle altyd oorgehaal sal wees. Hulle het ook vir Carlu Sadie, wat ons strukture ken. Ons gaan hard moet werk.”

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan