Twee titaniese eindstryde word verwag wanneer die Nieu-Seelandse en Australiese Superrugby-reekse hierdie naweek eindig.
In Christchurch kom die verdedigende kampioen, die Crusaders, Saterdag teen die Chiefs te staan – en in Brisbane is dit die Reds en die Brumbies wat mekaar pak.
Al vier spanne wat in die eindstryde gaan speel, het skaars ’n week tyd om hul seer lywe te laat rus voor die Trans-Tasmaanse reeks, waarin Nieu-Seeland en Australië se topspanne teen mekaar gaan speel.