Die voormalige All Black-kaptein Tana Umaga het as hulpafrigter van die Auckland Blues bedank en gaan hom nou op sy gesinsonderneming toespits.
Umaga was die afgelope drie seisoene die Blues se verdedigingsbreier nadat hy in 2019 deur Leon MacDonald as hoofafrigter vervang is.
Dit kom as ’n verrassing nadat Umaga, wat 74 toetse vir die All Blacks gespeel het, vroeër vanjaar sy kontrak om by dié franchise aan te bly met die Nieu-Seelandse Rugbyunie verleng het.