Die Highlanders het ’n ondersoek gelas nadat verskeie ondersteuners Vrydag beseer is toe hulle van ’n tydelike paviljoen afgeval het gedurende die Superrugby Aotearoa-wedstryd tussen die tuisspan en die Blues in die Forsyth Barr-stadion in Dunedin.
’n Video wat aanlyn gelaai is, wys hoe die toeskouers omtrent ’n meter ver van die tydelike paviljoen val nadat die voorste reling gebreek het.
Die voorval het plaasgevind terwyl die toeskouers besig was om te juig net nadat die Highlander-vleuel Jona Nareki in die tweede helfte ’n drie gedruk het.