SuperSport gaan in ’n nuwe hoedanigheid as strategiese mediavennoot by die Vrystaat-Cheetahs betrokke bly.
Die unie het Vrydag in ’n verklaring bevestig dat SuperSport ná 25 jaar as ’n minderheidsaandeelhouer besluit het om sy aandele in die franchise prys te gee.
SuperSport se aandeelhouding van 24,5% sal na die Vrystaat Rugbyunie terugkeer wat die Cheetahs nou alleen besit.