Die Leeus het dieselfde geldelike aanbod as die Haaie gemaak, maar uiteindelik was dit Eduard Coetzee, uitvoerende hoof, wat Vincent Tshituka oortuig het om ’n Durbaniet te word.
“Die Leeus was ongelooflik vir Vince,” het Dane Galley, Tshituka se agent, gesê.
“Dit was ’n baie moeilike besluit, maar dit was ’n uitdaging wat hy regtig wou aangryp.