Die afrigter Hawies Fourie het sy hoop uitgespreek dat die Cheetahs in die nabye toekoms in nog kompetisies soos die Europese Uitdaagbeker-toernooi betrek sal word.
Hulle veldtog het Saterdag in Stade Mayol tot ’n einde gekom waar die Franse reus Toulon hulle met 36-21 geklop het om die kwarteindronde te haal.
Die Cheetahs het die seisoen op uitnodiging aan dié kompetisie deelgeneem en moes al hul wedstryde volgens die ooreenkoms in Europa speel.