Diegene wat vanjaar kragmetings in die Varsitybeker-rugbyreeks wil bywoon, móét teen die koronavirus ingeënt wees.
Dié gewilde studentereeks begin vanjaar op 14 Februarie. Benewens die topliga waarin spanne soos Tuks, Maties en die Noordwes-Universiteit (NWU) deelneem, is daar ook ’n Skildreeks (tweede liga) en ’n Young Guns-reeks vir o.20-spelers.
“Dit sal verpligtend wees vir almal, van spelers tot spanbestuurslede tot toeskouers, om ingeënt te wees indien hulle wedstryde in die Varsitybeker-reeks wil bywoon,” sê Xhanti-Lomzi Nesi, toernooidirekteur, in ’n verklaring.