Die Maties verwag dat Tuks vir die eindstryd van die Varsitybeker-rugbyreeks met ’n “Bulle-aanslag” in Stellenbosch gaan opdaag.
So het Adriaan van der Bank, heelagter van die Maroentruie, voor Maandag se groot stryd in die Danie Craven-stadion gesê.
“Ek dink Tuks gaan tipiese Blou Bul-rugby speel. Hulle gaan goed wees in die lynstane en die skrums en hulle het ook groot agterspelers. Hulle gaan beslis baie fisiek wees,” sê die 25-jarige Van der Bank.