Ollie le Roux is in sy element. Dié voormalige Springbok-stut kry tans kans om sy rugbykennis met die spelers van die Ixias in die Varsitybeker-reeks te deel.
Le Roux (49) is as konsultant betrokke by die Ixias – soos die Sentrale Universiteit vir Tegnologie se rugbyspan bekend staan.
“Dit is vir my lekker om my kennis te deel. Die jong ouens is soos sponse, hulle is gretig om te leer. Vir my is dit ’n lekker manier om nou terug aan die spel te gee,” sê Le Roux.