André Tredoux, nuwe afrigter van die Shimlas, sal Saterdag in Welkom in ’n oefenwedstryd teen Wits ’n indruk kan kry van wat vir hulle in die Varsitybeker-rugbyreeks voorlê.
Die oefenwedstryd van vier kwarte op Rovers se veld is hul eerste wedstryd vanjaar.
“Ons het nou al baie teen mekaar gespeel en wil nou kyk hoe vaar ons (in ’n wedstrydsituasie) met die dinge waaraan ons vooraf gewerk het,” sê Tredoux.