Die Shimlas het Maandagaand in Bloemfontein net-net daarin geslaag om ’n gemotiveerde Universiteit van Johannesburg (UJ) in ’n opwindende kragmeting in die Varsitybekerreeks te klop.
Die Shimlas het vier drieë gedruk om met 31-30 te wen. Dit was die Vrystaters se derde oorwinning uit vyf wedstryde in vanjaar se reeks.
Die UJ het laat in die wedstryd twee drieë gedruk om in die wedstryd terug te kom. Die besoekers het nadat die sirene reeds afgegaan het, naby die Shimlas se doellyn geboer, maar hulle kon nie nog ’n drie druk om te wen nie.