’n Riller wag môre op Potchefstroom wanneer die voorloper in die Varsitybekerreeks, Pukke, gasheer speel vir Bloemfontein se Ixias.
Ixias van die Sentrale Universiteit vir Tegnologie (SUT) is met 15 ligapunte tweede op die puntelys – twee punte agter die Potchefstromers. Die stryd kan dus bepaal wie die vyfde ronde as pasaangeër afsluit.
Die Potch-span (wat amptelik as die NWU Arende speel) en Ixias het albei die afgelope Maandag spiere gebult deur met onderskeidelik Tukkies en UJ af te reken.