Die woelige flank Arnouw Nel sal die Madibaz se rugbyspan in dié seisoen se Varsitybeker-reeks aanvoer.
Die Madibaz se aanslag in dié reeks sal op 14 Februarie teen Wits in Johannesburg begin.
Nel (21) was in Graeme College in Makhanda op skool en het ook vir die Oostelike Provinsie se Cravenweekspan, sowel as die unie se o.19- en o.20-span, uitgedraf.