’n Derby in Bloemfontein wat die Vrystaatse stad tot stilstand gaan bring én die 500ste Varsitybekerwedstryd – dis môre op die spyskaart.
Die Universiteit van Pretoria, die huidige titelhouer, kom in Pretoria in die 500ste wedstryd teen die Universiteit van Kaapstad, ’n vorige wenner van die reeks, te staan.
Dit is ook ’n herontmoeting ná verlede jaar se eindstryd, toe Tuks op sy tuisveld die Ikeys se harte gebreek het. Die Ikeys was strykdeur verlede seisoen onoorwonne, net om in die eindstryd ’n loesing op die lyf te loop.