’n Driekuns aan drieë deur die Bulle-senter Cornal Hendricks in die tweede helfte, het die besoekers Vrydagaand tot ’n allerbelangrike sege van 38-31 oor die Ospreys in die Verenigde Rugbykampioenskap gehelp.
Die Bulle het in die Swansea-stadion ses keer gaan druk en het met die bykomende bonuspunt presies gedoen wat nodig was om ’n tuiswedstryd in die kwarteindronde te verseker.
Nadat die Haaie vroeër Vrydagaand in Belfast, Noord-Ierland, teen Ulster vasgeval het, sal Saterdag se wedstryde in Llanelli en Dublin die Bulle se lot bepaal.