Die frisgeboude losvoorspeler Arno Botha onderhandel met die goedkeuring van die Bulle met die Franse klubspan Lyon.
“Ons is in gevorderde gesprekke,” sê Marais Schmidt, sy agent van In Touch Sports.
“Arno se aandag is egter net op die Verenigde Rugbykampioenskap gerig en om sy beste vir die Bulle te gee.”