Stefan Ungerer, skrumskakel van die Griekwas, is weens beserings aan Herschel Jantjies en Paul de Wet vir ’n plek in die Stormers se beginspan bestem vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskap-rugbystryd teen die Scarlets in Llanelli.
Die 28-jarige Ungerer maak net vir hierdie wedstryd weer ’n draai by die Stormers voordat hy na Kimberley terugkeer vir die res van die Griekwas se Curriebeker-veldtog. Daarna sal hy op 1 Julie heeltyds by die Westelike Provinsie inskakel.
John Dobson, die Stormers se afrigter, het tans min ander keuses as om korttermynoplossings vir sy probleme te vind.