Rohan Janse van Rensburg, senter van die Haaie, is ’n skorsing van vier wedstryde opgelê nadat hy verlede naweek met ’n rooi kaart van die veld gestuur is teen Leinster in Dublin.
Janse van Rensburg (28) is in die Verenigde Rugbykampioenskap-stryd teen die Iere afgestuur nadat hy Ross Byrne met sy skouer teen die kop getref het toe hy hom probeer lak het en minder as ’n minuut later vir Garry Ringrose ook hooggevat het.
Sy naam het nie Vrydag op die Haaie se spanlys verskyn vir Saterdag se VRK-kragmeting met die Glasgow Warriors in Durban nie.