Die Verenigde Rugbykampioenskap het die Leeus hope lesse geleer waaraan hulle in hul afseisoen wil herkou.
En ook met ’n paar vrae gelaat – onder meer of hulle bereid is om hul goeie waardes neer te lê op die altaar van wen.
Die antwoord op daardie vraag, vermoed ’n mens, is nee. Hul skrumbreier, Julian Redelinghuys, het juis vandeesweek laat blyk die maniere waarop hulle Europese spanne die reëls sien buig het, staan hulle nie aan nie.