Johnny Sexton, kaptein van die Ierse span wat ’n Grand Slam in die afgelope Sesnasiesreeks behaal het, sal waarskynlik weens ’n liesbesering die res van die klubseisoen saam met Leinster misloop.
Die 37-jarige losskakel het die besering in Ierland se laaste Sesnasiestoets teen Engeland opgedoen.
“Johnny Sexton sal Dinsdag ’n spesialis raadpleeg en ’n liesprosedure ondergaan,” sê sy klub in ’n verklaring.