Statistieke wys Jake White se Bulle speel met ’n sterk Japanse en Brumbies-geur in die Verenigde Rugbykampioenskap.
Die span van Pretoria hoef volgens statistieke op die reeks se webtuiste, unitedrugby.com, vir geen ander Suid-Afrikaanse span terug te staan wat hul aanvallende spel betref nie.
Statistieke gee egter nooit die volle prentjie nie. In dié geval gee dit wel tog ’n aanduiding dat die Bulle se Klas van 2022 aanval meer omhels as wat die geval in sekere vorige jare was.