Die Bulle se Springbokvleuel S’bu Nkosi is die afgelope week uit Europa huis toe gestuur nadat hy die spanreëls oortree het.
Rapport verneem Jake White, die Bulle se direkteur van rugby, het Nkosi teruggestuur Suid-Afrika toe nadat hy verlede Woensdagaand (12 Oktober) ’n spanvergadering in Limerick, Ierland, misgeloop het.
White het die afgelope Vrydag aan die media gesê Cornal Hendriks en Johan Goosen het weens beserings huis toe gevlieg, maar oor Nkosi het hy niks gesê nie.