Wat het van Sbu Nkosi geword?
Dit is die raaisel wat die besluitnemers op Loftus Versfeld probeer uitpluis nadat dié Springbok-vleuel byna drie weke gelede “verdwyn” het.
Nkosi het sedert 14 November nog nie weer vir oefeninge of spanvergaderings by Loftus opgedaag nie en die Blou Bulle Maatskappy (BBM) het sedertdien vergeefs probeer om met hom kontak te maak.