Suid-Afrikaanse rugbyvelde behoort ideaal te wees vir die Dragons se aanvallende spel, sê Dai Flanagan, dié Walliese span se hoofafrigter.
Die Dragons speel Sondagmiddag op Ellispark in Johannesburg teen die Leeus in ’n wedstryd in die Verenigde Rugby-kampioenskap.
Die besoekers, wat Vrydag eers in Johannesburg aangekom het om die invloed van hoogte bo seevlak te probeer omseil, sal meer as twee weke in die land wees.