Die Leeus het die ervare Springbok Willem Alberts op slot gekies vir Saterdag se ontmoeting met die Bulle in die Verenigde Rugbykampioenskap.
Alberts (37) is Ruben Schoeman se nuwe slotmaat in Pieter Jansen van Vuren se plek en Emmanuel Tshituka vervang Ruhan Straeuli in die nr. 7-trui.
Jansen van Vuren het die afgelope week ’n borsspier beseer en dit gee die jong Ruan Venter ’n kans op die Leeus se plaasvervangersbank.