Die Leeus kom nou wel Vrydag te staan teen een van die pasaangeërs in die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK), maar moenie dink hulle is skrikkerig vir die uitdaging nie.
Veral hul skrumwerkers lek reeds hul lippe af vir ’n verwagte groot stryd voorlangs.
Dít was Dinsdag duidelik toe Julian Redelinghuys, die Johannesburgers se skrumafrigter, en loskopstut Sti Sithole gepraat het oor hoe graag hulle hul teen die beste skrumwerkers wil meet.