Dit is nie te versmaai as jy ’n deurwinterde Springbok van 43 toetse kan ontplooi wanneer jou twee voorste nr. 5-slotte mank is nie.
Willem Alberts (37) is tot die Leeus se beginspan bevorder vir Saterdag se wedstryd op Ellispark teen die Bulle in die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK).
Sy insluiting is noodgedwonge nadat Pieter Jansen van Vuren hom die afgelope week by Reinhard Nothnagel op die Leeus se beseringslys aangesluit het.