Dankie tog Lukhanyo Am en Makazole Mapimpi trek so nou en dan die swart trui van Durban oor hul koppe. Maar, meer as dit, dankie tog hulle baljaar ewe veel daarin as in die Groen-en-goud van die Springbokke.
So het die Haaie se afrigter, Sean Everitt, Saterdagaand gesê nadat Mapimpi en Am hoofrolle in die span se sege oor die Leeus in die Verenigde Rugbykampioenskap gespeel het.
Mapimpi het ’n driekuns aan drieë aangeteken en Am het die laaste spyker in die Leeus se doodkis geslaan met ’n doodsnik-vyfpunter wat ’n sege van 47-37 verseker het.