Die Stormers wil seker maak hul Springbokke is uitgerus eerder as om van hulle vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd teen die Dragons in Gqeberha te kies.
Rito Hlungwani, die Kaapse span se voorspeler-afrigter, het Maandag op ’n nuuskonferensie gesê dat elkeen van dié spelers se omstandighede in ag geneem sal word.
“Van die ouens het baie gespeel en ons sal hulle waarskynlik laat rus. Die ouens wat nie soveel gespeel het nie, kan inskakel sodra hulle weer hier is,” sê hy.