Minder as 24 uur ná die Haaie se vernederende nederlaag teen Cardiff Sondagaand in die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK) het Sean Everitt bedank as hoofafrigter van die Haaie.
Die Haaie het Maandag net voor 20:00 in ’n verklaring aangekondig dat Everitt (52) en die unie se paaie geskei het.
Neil Powell, die unie se direkteur van rugby, sal vir die res van die VRK-seisoen en ook in die Europese Kampioenebeker die hoofafrigter wees.