Burger Odendaal het sy kans om vir oulaas saam met die Leeus te toer agter die doellyn op Loftus Versfeld weggegooi.
Rapport verneem dié senter was tot in die doodsnikke van die Leeus se Curriebekerwedstryd teen die Bulle verlede week nog in die toerspan wat vandeesweek na Europa gereis het vir hul finale wedstryd in die Verenigde Rugbykampioenskap teen die Dragons gister in Wallis.
Maar toe gooi hy ’n bal in sy eie doelgebied reguit in die hande van ’n wagtende Bul, Richard Kriel, wat sy geluk nie kon glo nie.