Hoewel Neil Powell, die Haaie se direkteur van rugby, erken dat die verlies van die beseerde heelagter Aphelele Fassi ’n terugslag is, het hy volle vertroue in sy span se spelersdiepte.
Powell het die media Vrydag voor Sondag se kragmeting in die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK)-kragmeting met Cardiff in Durban te woord gestaan.
Fassi (24) is vroeër vandeesmaand beseer toe hy vir die Suid-Afrikaanse A-span teen Munster in Cork diens gedoen het. Hy kon gevolglik nie vir die kragmeting met die Walliese span oorweeg word nie.