Uiteindelik is daar ’n teenstander wat vir Evan Roos kon plattrek: hy self.
Die Stormers se Simson-agtsteman het Maandag op die O.R. Tambo-lughawe in Johannesburg ineengesak toe sy lyf dit eenvoudig nie meer kon hou nie. Hy het behandeling in ’n Johannesburgse hospitaal ontvang voordat hy by ’n familielid oornag en die volgende oggend Kaapstad toe gevlieg het.
Roos het vroeg in die Springbokke se oorwinning van 27-13 oor Engeland verlede Saterdag ’n rib gebreek, maar deur die pyndrempel gespeel. Daarna het hy min geëet (op die vlug van Londen) voordat sy lyf in ’n sitkamer op die lughawe in Johannesburg, waar hy op ’n aansluitingsvlug na Kaapstad gewag het, nie meer wou saamwerk nie. Die vermoede is dat die besering bloedklonte veroorsaak het.