Verenigde Rugbykampioenskap

Slaap rustig, sê Dobson aan dié wat angstig is oor sy groentjies

akkreditasie
0:00
play article
Intekenare kan na hierdie artikel luister
Gary Porter in aksie vir die Ikeys in ’n Varsitybeker-wedstryd teen die Maties op Coetzenburg in 2020. Foto: Gallo Images
Gary Porter in aksie vir die Ikeys in ’n Varsitybeker-wedstryd teen die Maties op Coetzenburg in 2020. Foto: Gallo Images

Wees rustig.

Dít is die boodskap van John Dobson, afrigter van die Stormers, aan diegene wat dalk ’n bietjie angstig sal wees oor van sy spankeuses vir Vrydagaand se Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd teen die Scarlets in die DHL-stadion.

Seker die grootste gesprekspunt is die insluiting van Gary Porter as nr. 5-slot. Porter (26) het in die verlede goed gevaar vir die Ikeys in die Varsitybeker-reeks, maar het nie ’n bewese rekord op eersterangse vlak nie. En tog moet hy in die Springbok Marvin Orie se afwesigheid aan die Stormers in die lynstane leierskap verskaf teen ’n pak wat oor toetsspelers beskik.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan