Die son het Saterdagmiddag in Newport in die suide van Wallis weer vir die Leeus geskyn.
Die Johannesburgers het hul laaste wedstryd van dié seisoen se Verenigde Rugbykampioenskapsreeks (VRK) teen die Dragons in heerlike Britse lenteweer met 21-11 gewen.
Dit was allesbehalwe ’n aanskoulike wedstryd en nie een wat lank onthou sal word nie.