Vooraf is gereken die Stormers is kwesbaar sonder al hul sterre, maar dit was toe nie die geval in Vrydagaand se Verenigde Rugbykampioenskap (VRK)-wedstryd teen die Scarlets in die DHL-stadion nie.
Die Stormers het vyf minute voor die rustyd reeds hul bonuspuntdrie aangeteken en met 36-19 gewen nadat dit met die omdraaislag 29-7 was. Hulle het in die eerste helfte moeiteloos deur die Walliesers se verdedigingslinie gekom om die grondslag vir die sege te lê.
Maar kom ons wees eerlik: die Scarlets is ’n flou span en ’n uitbeelding van die beroerde stand van Walliese rugby tans.