En so was dit die ou aartsvyand wat die Bulle se onoorwonne rekord op Loftus Versfeld aan skerwe gelaat het.
Die Stormers het Saterdag in Pretoria in die Verenigde Rugbykampioenskap verras met ’n puik en welverdiende sege van 30-26 oor die Bulle.
Dit was asof die toeskouers wat vir die eerste keer in sowat twee jaar weer Loftus toe kon kom, die Bulle ontsenu het.