Verlede week was die Stormers ’n span met “mede-kapteins”, maar Steven Kitshoff is nou op sy eie nadat Salmaan Moerat ’n kniebesering opgedoen het.
John Dobson, afrigter van die Stormers, het Woensdag onthul dat Moerat die afgelope naweek teen die Bulle ’n kniebesering opgedoen het wat hom tussen ses en agt weke langs die kantlyn sal hou.
Die Stormers kondig Vrydag eers hul span vir Saterdag se Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd teen die Haaie op Kingspark in Durban aan, maar Dobson het bevestig dat Adré Smith Moerat se plek as nr. 4-slot sal neem.