John Dobson, afrigter van die Stormers, het vir Warrick Gelant uit sy beginspan weggelaat om vir Damian Willemse op heelagter plek te maak vir Saterdag se wedstryd teen die Bulle op Loftus Versfeld in Pretoria.
Gelant is na die plaasvervangersbank geskuif vir dié kragmeting in die Verenigde Rugbykampioenskap (VRK).
Die Springbok-loskopstut Steven Kitshoff en slot Salmaan Moerat sal mede-kapteins wees en “verantwoordelikhede op en weg van die veld deel”, luidens ’n verklaring van die Stormers.