Die Stormers se kopseer met beserings aan die vooraand van Vrydag se Verenigde Rugbykampioenskap-wedstryd teen die Bulle het verdiep, met ’n ribbesering wat die Springbok-skrumskakel Herschel Jantjies ook op die krukkelys gedwing het.
Paul de Wet se vermoë agter die oond is welbekend, maar John Dobson, die afrigter, moes weens omstandighede buite sy beheer die 19-jarige buitesenter Suleiman Hartzenberg kies omdat Ruhan Nel en Alapati Leiua nie beskikbaar is nie.
Voorlangs sal Ben-Jason Dixon die plek van nog ’n beseerde, die Springbok-slot Salmaan Moerat, neem. Moerat het ’n knieligament geskeur en daar word verwag dat hy vir nege maande buite aksie gaan wees. Dis ’n enorme terugslag vir die Stormers en hy sal in ’n stryd teen tyd wees om sy fiksheid voor die Wêreldbeker-toernooi in Frankryk te herwin.