Die meeste ander spelers sou altemit mismoedig gewees het om by dieselfde unie teen ervare Springbokke soos Johan Goosen en Morné Steyn om die nr. 10-trui mee te ding.
Maar vra jy vir Chris Smith oor dié oënskynlik ongewenste situasie by die Bulle, sê hy dit is tot sy voordeel om by Goosen en Steyn te leer.
Dit is ook nie asof hy kan kla hy staan derde in die ry nie.