Dit het aanvanklik maar broekskeur gegaan, maar die Vrystaat-Cheetahs het genoeg gedoen om hul Curriebeker-veldtog lewendig te hou.
Die Cheetahs het die Pumas Vrydagaand met 35-31 in Mbombela geklop.
Tog was die besoekers vir die grootste gedeelte van die wedstryd allermins die beste span. Daar was aanslane, besluiteloosheid en boonop was die Laevelders aanvanklik op die oorlogspad.