Rob Wagner het sy naam uit die hoed gehaal om as administrateur die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) se sake te bedryf.
Hy is deur die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) genader om Rian Oberholzer se opvolger te word.
Oberholzer, nou Saru se nuwe waarnemende uitvoerende hoof, sal tot einde vandeesmaand steeds sy verpligtinge as die WPRU se administrateur ook nakom.