Rassie Erasmus was reg!
Rapport verneem Wêreldrugby het agter die skerms toegegee dat Erasmus in die kol was met 23 van die 26 blaserblapse wat hy in sy video van 62 minute oor die Australiese skeidsregter Nic Berry uitgewys het. Die video het gespruit uit Berry se hantering van die eerste toets tussen die Springbokke en die Britse en Ierse Leeus vroeër vanjaar in Kaapstad.
Erasmus en SA Rugby moet egter steeds volgende week voor ’n dissiplinêre komitee van Wêreldrugby verskyn. Die kruks van die saak is nie soseer die inhoud van die video nie, maar die feit dat dit uitgelek het. Dít het druk op beamptes geplaas en die spel “in oneer gebring”.