Wêreldrugby sê hy is bekommerd oor berigte van aantygings dat die leiers van die reëlingskomitee van die Wêreldbekertoernooi in Frankryk in 2023 ’n giftige omgewing geskep het waarin personeel afgeknou en oorwerk word.
Die Franse koerant L’Equipe sê hy het gepraat met werknemers van die Groupement d’Intérêt Public (groep van openbare belange) France 2023. Hulle is in die reëlingskomitee se hoofkwartier in Parys werksaam en beskryf die werksomgewing as ’n kultuur van vrees en “bestuur deur terreur”.
Claude Atcher, grootbaas van die komitee, en sy hoof van personeel, Marie Houzot, word as die groot sondebokke uitgewys.