Eers is hy vir twee weke deur Wêreldrugby geskors oor sy “beledigende uitwys” van skeidsregters se flaters. Nou koester die beheerliggaam Rassie Erasmus deur sy hulp te vra om prosesse tussen afrigtingspanne en skeidsregters te verbeter met die oog op volgende jaar se Wêreldbeker-toernooi in Frankryk.
Wêreldrugby se uitvoerende hoof, Alan Gilpin, en direkteur van rugby, Phil Davies, het Donderdag vergader met Erasmus as die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) se direkteur van rugby. Die partye het vrede gemaak.
Saru het gister ’n kort verklaring oor Erasmus en Wêreldrugby se vergadering uitgereik, maar Rapport verneem dit was ’n “massiewe vergadering”.