Die Wes-Kaapse Erfenisraad (HWC) het Vrydag finaal besluit dat die ongebruikte Nuweland-stadion nie as ’n provinsiale erfenisterrein verklaar moet word nie.
’n Spesiale raadsvergadering is aanlyn gehou waar die voormalige Springbok-kaptein Wynand Claassen weer ’n geleentheid gekry het om ’n pleidooi te lewer dat Nuweland erfenisstatus moet kry.
Die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) het daarna repliek gelewer voordat die raad met geslote deure vergader en besluit het om die aanbeveling van sy voorraad-, graderings- en vertolkingskomitee van verlede maand te bekragtig.