Die WP was “gek” om nee te sê vir ’n kontant-inspuiting van die Amerikaanse konsortium MVM Holdings, sê Eduard Coetzee, uitvoerende hoof van die Haaie.
Dit was die afgelope week ’n geval van die een se dood is die ander se brood, met die Durbanse span wat ’n belegging met die Amerikaners beklink het.
Coetzee erken hy was verbaas dat die WP Rugbyunie nie ’n ooreenkoms met die konsortium, onder leiding van die Suid-Afrikaans gebore Marco Masotti, kon bereik nie, maar hy is “verby bly” dat die Haaie dit kon doen.