SA Rugby nou baas in WP se geldsake

akkreditasie
Zelt Marais, president van die WP Rugbyunie, en sy uitvoerende raad moet nou na die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se pype dans wanneer dit by finansiële aangeleenthede by die Kaapse unie kom.  Foto: Gallo Images
Zelt Marais, president van die WP Rugbyunie, en sy uitvoerende raad moet nou na die Suid-Afrikaanse Rugbyunie se pype dans wanneer dit by finansiële aangeleenthede by die Kaapse unie kom. Foto: Gallo Images

Die Westelike Provinsie Rugbyunie (WPRU) het dié week deur middel van ’n eiendomstransaksie ’n kontantinspuiting van R17 miljoen bewerkstellig, maar terselfdertyd glo ook tydelik die oppergesag oor sy geldsake aan die Suid-Afrikaanse Rugbyunie (Saru) oorgegee.

Ofskoon dit nie aangekondig is nie, het Netwerk24 by betroubare bronne verneem dat die WPRU se hoofraad, waarin al sy klubs verteenwoordig word, Woensdag met 47-25 gestem het ten gunste van ’n transaksie waar die unie se aandeel van 3% in die gebou van die Suid-Afrikaanse Instituut vir Sportwetenskap (SAIS) in Nuweland verkoop word.

Voor dié transaksie het die WPRU passiewe inkomste – tans ’n netto bedrag van R766 000 per jaar – uit die verhuring daarvan verdien. Die ander aandeelhouers was die Universiteit van Kaapstad (UK) met 57% en die SAIS (40%). Die eiendom behoort steeds aan die WPRU, maar daar is 75 jaar oor op die huurooreenkoms.

Kry die volle storie
Teken in op Netwerk24 en kry vandag onbeperkte toegang tot gehalte-joernalistiek, brekende nuus, voorste Afrikaanse koerante en tydskrifte, blits-videoinhoud, podsendings, luisterboeke en meer.
Teken in
Reeds 'n intekenaar? Meld aan
besig om te laai... Regstreeks
South Africa A 268/10 & 14/0
India A 276/10
Inperking vir
DAE
URE
MIN
Rand - Dollar
15.83
+0.1%
Rand - Pond
20.97
+0.1%
Rand - Euro
17.86
-0.0%
Rand - Aus dollar
11.29
-0.0%
Rand - Jen
0.14
+0.1%
Goud
1,789.00
+0.3%
Silwer
22.44
-0.3%
Palladium
1,854.01
+0.0%
Platinum
963.52
+0.6%
Brent-ruolie
75.44
+3.2%
Top-40
66,270
-0.4%
Alle aandele
72,686
-0.4%
Hulpbronne 10
69,343
-1.1%
Industriële 25
95,921
-0.1%
Finansiële 15
14,259
+0.5%
Alle JSE-data is met minstens 15 minute vertraag Iress logo
Blitsblik op ’n maatskappy

Volg die maatskappy se aandeelprys en lees nuwe Sens-verklarings en resultate hier.

Verkeer in jou area

Kies 'n area om verkeersvoorvalle op jou roete te sien.

Klik om te stel
Nuuswenke

Het jy 'n nuuswenk of storie wat jy graag met Netwerk24 wil deel? Stuur gerus 'n e-pos aan ons nuusspan.

Stuur 'n e-pos